
=====================================================================
Hulle laat selfvertroue en aanleg blom (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Hulle laat selfvertroue en aanleg blom

    'n Kursus in sakebemagtiging deur instrukteurs van die Universiteit van Wes-Kaapland is deur die Stigting vir Afrikaans op Garies 
geborg. Riekie Human het die kursus bygewoon.   "JOU grootste probleem is jy is 'n dromer. Jy kry 'n idee, hoe simpel ook al, maar by jou 
bly dit net 'n idee. Met jou idees is daar 'n paar geleenthede wat jy vir jouself kan skep, maar 'n swakheid van jou is dat jy nie 
selfvertroue het nie. Sodra jy besef drome stop as jy wakker word, sal jou lewe 'n goeie wending neem." So skryf Terrick Stewens van Garies 
aan homself.

Met di eenvoudige wysheid verwoord Terrick die hunkering van 'n hele gemeenskap -- 'n gemeenskap wat weet daar is geleenthede wat wag, 
maar nie die vaardighede het om daarby uit te kom nie.

Die inwoners van Mooi Uitsig net buite Garies bestaan uit 'n groot aantal werklose matrikulante asook ouer ongeletterde mense wat nie hul 
pragtige tuisdorp wil verlaat nie. Terrick en sy mense sukkel om die pot aan die kook te hou. Werkgeleenthede is baie skaars.

Toe kom daar hulp in die gedaante van drie begeesterde dames: Linda de Vries, Juliana Smith en Ren Coraizin. Di drietal het vyftig 
voornemende entrepreneurs bewapen met 'n leerdersgids wat hulle geskryf het.

Drie dae lank is daar hard gewerk en baie geleer ... Toe was daar geen keer aan die vloei van geldmaak-idees nie. En die mooiste van alles 
was dat hulle in hul moedertaal stap-vir-stap gewys en vertel is hoe om 'n suksesvolle onderneming op die been te bring en ekonomies 
geletterd te raak.

Aanvanklik was daar baie verdwaasde gesigte, maar baie gou kon 'n mens sien die woorde sakeplanne en marknavorsing het vir hulle betekenis 
gekry.

Ekonomiese geletterdheid is een van die grootste behoeftes in ons land. Bitter selde word Afrikaanssprekendes egter in hul moedertaal 
bemagtig, aangesien die meeste literatuur en werkboeke op di terrein nie in Afrikaans geskryf is nie. Di projek van die departement van 
bestuur aan die Universiteit van Wes-Kaapland, in samewerking met die Stigting vir Afrikaans, het egter die voornemende entrepreneurs hul 
sleutels tot die sakewreld gegee -- in Afrikaans.

Volgens Linda, wat die kursusleier was, gaan dit eerstens oor menswees en die ontwikkeling van menslike potensiaal en selfstandige denke. 
"Ons wil mense leer om hulself te vind, kennis uit te bou en suksesvol te wees. Daarvoor moet 'n mens dikwels 'n selfbeeld in ere herstel 
en met 'n 'ek-kan nie'-houding afreken. Dan is daar geen einde aan wat mense kan bereik as hulle eers 'n doel voor o gekry het nie."

Kursusgangers moes met 'n ondernemingsidee vorendag kom. Dan het hulle gekyk na die bemarking van hul produk of diens, watter soort 
onderneming die beste gaan werk, verspreiding, bestellings en kostebepalings.

Van die tiental lewensvatbare sakeplanne wat deur individue en/of werkspanne ontwikkel is, het met toerisme, plaaslike diensverskaffing en 
klein nywerhede te doen. Afsprake is reeds gemaak om met die hulp van Noord-Kaapse rolspelers die planne verder uit te bou en te ontwikkel.

Die kursus het 'n lig laat opgaan in die o van kursusgangers en oor middagetes is daar druk gepraat oor ekonomiese siklusse en stelsels, 
die bankwese, belasting, versekering en regskwessies. Onder die kursusgangers was daar diegene wat reeds by 'n onderneming betrokke was. 
Soos Sielie Fielding, wat al vyf maande lank deel is van 'n leeronderneming wat lyfbande maak.

"Maar die mark is beperk," s sy. "Daar kom 'n tyd wat almal al 'n lyfband gekoop het en die goed hou lank. Wat dan? Die kursus het my baie 
geleer en gewys in watter slaggate 'n mens kan trap. Ek het geleer goeie beplanning is die sleutel."

En daar is Attalet Maerman, oftewel "Tannie Kussing", wat dertig jaar lank 'n kok by die skoolkoshuis was voordat sy afgetree het. "Toe 
raak die geldjies te min om die pot aan die kook te hou. Ek maak nou al so twee jaar lank die kussings. Maar dis nie so netjies nie, want 
ek is nie afgerig nie."

Te oordeel na die kleurryke kussings wat sy maak, het sy geen "afrigting" nodig nie. Deur die ekonomiese geletterdheidsprogram kon sy egter 
leer hoe om wyer te dink in terme van haar mark.

Die Noord-Kaap is spesifiek uitgesoek vir die projek omdat dit 'n gebied is waar 'n ho persentasie mense Afrikaanssprekend is en waar 
armoede en werkloosheid 'n wesentlike probleem is.

Garies is as kursussentrum gekies omdat dit 'n belangrike sentrum in Namakwaland is. En ook omdat daar heelwat werklose jong mense is en 
ook di wat reeds klein ondernemings het, maar nog verdere moontlikhede moet verken. Die langtermyndoelwit is om ekonomiese denke in 
Afrikaans te stimuleer, om 'n beplanningskultuur te vestig en plaaslike entrepreneurs met die opstel en implementering van sakeplanne te 
begelei.

Aan drome, idees en wilskrag ontbreek dit nie op Garies nie. "Dit is vir my aangenaam om te weet in my is 'n potensiaal wat wag om te bot," 
skryf ene Hendrik aan homself aan die begin van die kursus. "My mislukkings moet my motivering wees ... ek kan 'n generaal van 
entrepreneurs word." En s som hy die gees van die kursus en kursusgangers baie raak op. Riekie Human is 'n verslaggewer by Die Burger.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av645.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

